Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
Voorbeskik tot kinders van God

Voorbeskik Tot Kinders Van God

Weereens, geen voorbeskikking tot kinders van die verderf nie, maar alleen 'n voorbeskikking tot kinders van God! En die voorbeskikking is nl. dat ons tot kinders van God aangeneem word deur Jesus Christus. Maar wat dan van hulle wat nie daartoe voorbeskik is nie? Kan ons nie hieruit aflei dat mense wat kinders van die verderf word, daartoe kom omdat hulle nie bestem is tot kinders van God nie? So 'n logiese konsekwensie leer die Bybel ons nooit. God het alleen voorbeskik om mense uit die gevalle mensheid vir Homself aan te neem as Sy kinders deur Jesus Christus, en hulle wat nie aangeneem word nie, is hulle wat buite Christus Jesus gebly het. Nou kan ons ook nie sê dat hulle buite Christus bly omdat hulle daartoe voorbeskik was nie. Want die Skrif leer ons in Johannes 1:12: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo." Ons ken die Here God alleen in en deur Jesus Christus wat aan ons genade wil skenk en juis nie wil verwerp nie. Daar is in God alleen 'n genadewil tot kindskap in Jesus Christus terwyl Hy niemand voorbeskik het om nie Sy kinders te wees nie. Daarom staan daar ook in Efésiërs 1:6: "waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde." Dit wil sê dat die Here God Sy genade aan ons verleen kragtens ons eenheid met Christus. Dit is Sy voorbeskikking omdat God se wil altyd en alleen genadewil is tot kindskap deur die Here Jesus Christus. Dit blyk ook verder daaruit dat ons teks afsluit met die woorde: "Na die welbehae van Sy Wil." In die woord "welbehae" lê die gedagte dat dit iets goeds bevat - dat dit 'n gunstige inhoud het. M.a.w. Gods welbehae is 'n werking van Sy goedheid en liefdevolle geneëntheid wat vir ons heil wil skenk en nie onheil nie. Hy het dus 'n welbehae daarin dat ons tot Sy kinders aangeneem word deur Jesus Christus. Hierdie laaste woorde van ons teks moet dus nie so opgevat word asof God na willekeur mense tot die lewe verkies het en andere vir die verderf bestem het nie. Dit verklaar net aan ons dat die Here 'n behae daarin het dat gevalle sondige mense weer tot Sy kinders aangeneem word deur Christus. So leer ons reeds uit die Ou Testament: "So waar as Ek leef, spreek die Here: Gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, O huis van Israel?" Eségiël 18:23 en 33:11 ). En in die Nuwe Testament lees ons: "Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te oordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word." ( Johannes 3:17 ).

Nou kan ons afsluit met die vraag: Maar wat is dan die doel van die leer omtrent die Uitverkiesing in die Skrif? Dan leer die Bybel dat dit vir ons 'n wonderlike troos inhou.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017